Bruidzilla deur Marion Erskine
Titel: Bruidzilla Skrywer: Marion Erskine Hoofkarakters: Milanka Fouche (die uwe), Tillie Lombaard Publikasie: 2020 (Queillerie) Bladsye: 287 (sagteband) Genre: Romantiese Komedie (maar dis nie vlak nie) Inhoud: Teikenmark – Jong Volwassenes +. Geweld – slegs wat jy as leser wil pleeg teenoor sekere karakters. Seks – meer suggestief as bloosbaar. Taal – soms effens kras, maar geen lastering. Gelees: 24 April 2021 Gradering: Kort Opsomming: Tillie het ‘n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ‘n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís highmaintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka. Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!Eensklaps is Tillie in ‘n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milankabestellings: reënbooghoringperde, en ‘n Alice in […]