Titel: Koors
Skrywer: Deon Meyer
Uitgewer: Human & Rousseau
Publikasie datum: 05 Augustus 2016
Bladsye: 579 (sagteband)
My gradering: 5 Sterre
Beveel aan vir lesers van: Deon Meyer (punt). Misdaad. Daar’s ‘n slang in die gras en iemand het dit daar gesit. Post apokalipties (dis REGTIG die einde van die wereld)
Kort opsomming: Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig. Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi … In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby. Goodreads
“Hierdie is die storie van wat na Die Koors gebeur het. Soos ek dit onthou. My waarheid. Dalk subjektief, dalk effe krom. Maar ek is feitelikheid en eerlikheid verskuldig aan almal wat deel is van die storie.” – Nico Storm
Toe ek klaar Nico se storie gelees het en die boek toemaak, het ek net een gedagte gehad: AWESOME (nee, ontsagwekkend of asemrowend is glad nie beskrywend genoeg nie). Dis mos nou hoe mens ‘n storie vertel! As jy verwag om Koors op die naat van jou rug te geniet, dink weer. Jy gaan op die punt van jou stoel sit van begin tot einde. Jou hande gaan kramp (579 bladsye is BAIE om vas te hou, veral as jy angstig raak) en die wyn bottel gaan vinnig sak (senuweeagtige drinker), maar dis elke druppel werd. Deon Meyer oortref vir Deon Meyer.
“Show me a man or a woman alone and I’ll show you a saint. Give me two and they’ll fall in love. Give me three and they’ll invent the charming thing we call ‘society’. Give me four and they’ll build a pyramid. Give me five and they’ll make one an outcast. Give me six and they’ll reinvent prejudice. Give me seven and in seven years they’ll reinvent warfare.”
Nico en Sofia het my baie laat dink aan die twee hoofkarakters in Veronica Roth se treffer-reeks, Divergent en Willem Storm (Nico se pa) en Domingo aan karakters uit die tv-reeks Lost:
“Verantwoordelikheid beteken in wese dat ons eindelik antwoorde moet verskaf op vrae wat ons geliefdes, ons naastes, of ons gemeenskap van ons vra.” – Willem Storm
Hierdie “gemeenskap” het drie vinnige vrae aan Deon Meyer gerig en hy was my goedgesind genoeg om dit te beantwoord: (kyk, kyk – dis Deon Meyer!)
1. KOORS vergelyk sterk (maar regtig uitstekend gedoen) met The Stand deur Stephen King. Nico en Sofia laat my ook dink aan karakters uit die Divergent reeks van Victoria Roth. Is dit bloot toevallig of was daar ‘n inspirasie?
Mareli
شركة تنظيف خزانات بالباحه
شركة نقل اثاث وعفش بالباحه
شركة مكافحة حشرات بالباحه
BAIE goeie review!
BAIE goeie review!