Publisher: Lapa Uitgewers

Agent Snoet en die Botterdiamant deur Francois Bloemhof

Agent Snoet en die Botterdiamant deur Francois Bloemhof

Agent Snoet en die Botterdiamant by Francois Bloemhof Series: Agent Snoet Published by Lapa Uitgewers on Oktober 2002 Pages: 48 Format: Paperback Source: VCS Goodreads Agent Snoet, geheime agent van formaat, en sy Siamese kat, Felino, ondersoek die verdwyning van Madame Lente Langenhoven se botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik Felino wat die skurk vastrek. Die dief is niemand anders nie as… Maar wag, so maklik gaan ons nie die antwoord verklap nie. Lees self hierdie spanningsvolle en humoristiese speurverhaal in strokiesprent-formaat om uit te vind wie nou eintlik die botterdiamant gegaps het. Die boek is geskryf deur bobaas storieverteller Francois Bloemhof en die illustrasies is deur talentvolle nuweling, Alistair Ackermann. Boek lees is nie vir almal nie. Maar vir almal is daar ‘n boek in een of ander formaat. Grafiese boeke, of strokiesverhale soos Juffrou Mareli dit nog ken, is verseker baie gewild in ons biblioteek. Net jammer ons het nie vreeslik baie van hulle nie en die paar wat ons het, word voos gelees. Agent Snoet en die Botterdiamant is die enigste boek wat ons het in die Agent Snoet reeks. Dis nogals ‘n jammerte, want hierdie prettige strokiesverhaal kan verseker deur jonk en oud geniet […]

Posted August 4, 2022
5 Comments
Seeponies deur Lize Roux

Seeponies deur Lize Roux

Seeponies by Lize Roux Series: Stalmaats #7 Published by Lapa Uitgewers on 1 April 2012 Genres: Middle Grade Pages: 72 Format: Paperback Source: VCS Goodreads Dit gaan die lekkerste vakansie ooit wees! Tien luilekker dae by die see … Sommer die eerste dag by Ankerpunt maak Anri en Megan ‘n ongelooflike ontdekking … Tussen die kranse bly ‘n trop geheimsinnige wilde ponies. Maar die ponies gaan nie meer lank daar wees nie – tensy iemand vinnig ‘n plan maak. Hierdie lesersindruk is geskryf deur Celize Lategan. Celize is ‘n pragtige, 9 jarige dogtertjie en ‘n krannige lesertjie in ons Graad 4 Afrikaanse klas. Hoe gelukkig is ons  nie by Victory Christian School om ‘n dubbel medium skool te wees waar Afrikaanse boeke gemaklik beskikbaar is en ons ons eie biblioteek kan hê nie. Van ons gunsteling boeke is die Stalmaats reeks deur Lize Roux. Ek en my maats kan net nie genoeg kry van die mooi perdeboeke nie. Seeponies is die 7de boek in die Stalmaats reeks. Anri,wat steeds my gunsteling karakter is, en haar vriendin Megan, gaan op ‘n lekker seevakansie. Natuurlik is die twee meisies niks lus vir Anri se vyfjarige klein boetie, Henri, nie. Sommer al die eerste […]

Posted May 6, 2022
5 Comments