Tag: 4 Sterre

A Cat’s Guide to Bonding with Dragons by Chris Behrsin

Title: A Cat’s Guide to Bonding with Dragons Author: Chris Behrsin Published: December 2020 Pages: 224  Format: Kindle (Book Funnel) Source: Lola’s Blog Tours Series: #1 Dragoncat Content: Squeaky Clean Genre: Humorous Fantasy Age Category: 8 – 18 (or 81) Read: 10 January 2021 Rating:  Synopsis: Ben must be the hungriest cat ever…One moment, he was enjoying a breakfast of salmon trimmings in his home in South Wales. The next, he was teleported across time and space onto the cold stone floor of an evil warlock. Locked in through day and night, Ben may have to serve him for a while.He’ll hate this, especially having to hunt those infernal demon rats when the warlock doesn’t feed him well at all.Meanwhile, in a distant academy, a dragon is bored out of her mind. Unable to wear a saddle, no human dares mount her. Is there anyone in this land who can ride her into battle against the forces of the evil warlocks? Somehow, she doubts she’ll ever find a suitable bond.Unless there is another creature with enough dexterity to fulfil that role. One, perhaps, who is currently sprinting right out of a warlock’s front door…  Greetings Humans! I’m back with a another great […]

Posted January 16, 2021
7 Comments

Judaskus deur Rudie van Rensburg

Titel: Judaskus Skrywer: Rudie van Rensburg Reeks: Kassie Kasselman #3 (ek maak dit sommer self op, maar dis dalk aanbeveelbaar) Hoofkarakters: Kassie Kasselman, Rooi Els Publikasie: Mei 2015 (Queillerie) Bladsye: 332 (sagteband) Genre: Misdaad Inhoud: Teikenmark – Volwassenes. Geweld – afhangende hoe sterk jou maag is, redelik eksplisiet. Seks – meer suggestief as bloosbaar.  Gelees: 7 November 2020 Gradering:   Kort Opsomming: Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein . . . Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . Ek het maar redelik onlangs by Lekkerleesboekrak op Facebook aangesluit en skielik gaan daar ‘n nuwe wêreld vir my oop. Halleluja! Ek het egter so ‘n bietjie inhaal werk om te doen hier. Ek het nou al ‘n paar Chris […]

Posted November 9, 2020
2 Comments

Grensgeval deur Marita van der Vyver

 Titel: Grensgeval Skrywer: Marita van der Vyver Publikasie: 2019 (Penguin) Bladsye: 293 Formaat: Sagtebank Beveel aan: As jy van Marita van der Vyver hou en weet hoe sy toor met woorde en stories – verseker ja. Moenie ‘n oorlogstorie of reisjoernaal verwag nie. My Gradering:  Kort opsomming: Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see.Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.In swoel, afgeleefde […]

Posted September 19, 2020
10 Comments

Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer

  Titel: Die Vrou in die blou mantel (Bennie Griesel #6) Skrywer: Deon Meyer Publikasie: 2017 Bladsye: 121 (novelle)Formaat: SagtebandGelees: 15 Augustus 2020My gradering:  Kort opsomming: Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye warop vroue in blou geklee is. En Kaptein Bennie Griesel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer oor sy commitment. En die private eye Billy de Palma, “narcissist, psycho, real arsehole”, is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas lê ‘n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is heeltemal kaal, uitgestrek by die groot uitkykpunt, haar kop na die noorde, haar voete na die suide. Iemand het haar liggaam mooi gerangskik en met bleikmiddel gewas om al die forensiese spore uit te vee. Weereens – Hoera, hoera, hoera! Lank lewe Deon Meyer! Ek is bietjie laat vir die partytjie van Die vrou in die blou mantel, en het reeds die volgende partytjie vir Prooi bygewoon. Maar dit het beslis geen inbraak gemaak op die genot van eersgenoemde partytjie nie. Ek sien die grootste kritiek vir die dun boekie is, die boekie is te dun. Snaaks genoeg was dit nou vir my tans net perfek. Tyd vir lees is daar min, om […]

Posted August 15, 2020
4 Comments

Plaasmoord deur Karin Brynard

Titel: PlaasmoordSkrywer: Karin BrynardUitgewer: Human & RousseauEerste druk: 2009Bladsye: 510 (sagteband)My gradering: 4 SterreGenre: Moord en doodslag, geskiedenis, speurAanbeveel aan: Afrikaanse misdaad en speurverhaal liefhebbers (soos Deon Meyer? Ja!)Kort opsomming: Plaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie – maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoorSpeurder-inspekteur Albertus Beeslaar moet die moord oplos., maar kort voor lank word hy en die vermoorde se suster, Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op ‘n bobbelaan, ‘n veediefstal-sindikaat en ‘n groep omgekrapte boere wat sake in hul eie hande wil neem. GoodreadsEk gaan nogsteeds effens gebuk onder my streng gereformeede skuldbekenning dat ek nie genoeg Afrikaans lees nie. My boetedoening vorder glad nie sleg nie, en ek voel heel trots op myself (wat seker ook nie juis toelaatbaar is nie). Ek het die afgelope maand al 3 Afrikaanse boeke deurgewerk. Dankie tog vir goeie vriende en familie met uitstekende lees-smaak wat almal Afrikaanse boeke aandra. Ek het die lywige Plaasmoord saam met twee ander gewigte boeke en my getroue kindle in my tas gesmokkel oppad met vakansie. Nodeloos om te noem, het my man dit ontdek en gegrom oor die ekstra gewig. Deel van […]

Posted June 28, 2017
0 Comments