Tag: Lesersindruk

Bruidzilla deur Marion Erskine

Titel: Bruidzilla Skrywer: Marion Erskine  Hoofkarakters: Milanka Fouche (die uwe), Tillie Lombaard Publikasie: 2020 (Queillerie) Bladsye: 287 (sagteband) Genre: Romantiese Komedie (maar dis nie vlak nie) Inhoud: Teikenmark – Jong Volwassenes +. Geweld – slegs wat jy as leser wil pleeg teenoor sekere karakters.  Seks – meer suggestief as bloosbaar. Taal – soms effens kras, maar geen lastering.  Gelees: 24 April 2021 Gradering:   Kort Opsomming: Tillie het ‘n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ‘n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís high­maintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka. Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie!Eensklaps is Tillie in ‘n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milanka­bestellings: reënbooghoringperde, en ‘n Alice in Wonderland­tema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was!Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monster­mondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit […]

Posted April 24, 2021
0 Comments

Kanaän deur Sophia Kapp

Titel: Kanaän Skrywer: Sophia Kapp Publikasie: April 2020 (Lapa Uitgewers) Bladsye: 487  Formaat: Sagteband Lees: 08 Januarie 2021 Bron: My goeie Buurvrou Inhoud: Volwasse (so paar lekker liefdestonele wat jou tone gaan laat krul) Genre: Historiese Roman Gradering: Kort opsomming: Sy is ‘n rykmansdogter uit die Engelse elite in Johannesburg; hy is ‘n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar wanneer Catherine se lewe in duie stort en sy alles verloor wat sy geken het, is Chrisjan daar om vir haar ‘n heenkome te bied. Op Kanaän word sy gekonfronteer met die wreedheid van die natuur, die vooroordeel van die Afrikanergemeenskap en die onverdraagsaamheid van mense wat anders dink as sy. Maar sy leer ook die kosbaarheid van die lente ken, van die goedheid van vriende, en boweal van die liefde wat so stil in haar kom groei het. Al wat sy nie weet nie, is hoe om die verlede ongedaan te maak sodat sy hierdie liefde waardig kan wees. Ná verskeie topverkopers op haar kerfstok is Kanaän Sophia Kapp se eerste historiese roman. Onreg teenoor vroue wat sentraal gestaan het in haar vorige werk, brei in Kanaän uit na vooroordele gegrond op ras en geloof, […]

Posted January 9, 2021
2 Comments