Seeponies deur Lize Roux

Posted May 6, 2022 by elzaread in Boek Resensie, Book Review / 5 Comments

Seeponies deur Lize Roux

Seeponies deur Lize RouxSeeponies by Lize Roux
Series: Stalmaats #7
Published by Lapa Uitgewers on 1 April 2012
Genres: Middle Grade
Pages: 72
Format: Paperback
Source: VCS
Goodreads

Dit gaan die lekkerste vakansie ooit wees!

Tien luilekker dae by die see ...

Sommer die eerste dag by Ankerpunt maak Anri en Megan 'n ongelooflike ontdekking ... Tussen die kranse bly 'n trop geheimsinnige wilde ponies.

Maar die ponies gaan nie meer lank daar wees nie - tensy iemand vinnig 'n plan maak.

Hierdie lesersindruk is geskryf deur Celize Lategan. Celize is ‘n pragtige, 9 jarige dogtertjie en ‘n krannige lesertjie in ons Graad 4 Afrikaanse klas.

Hoe gelukkig is ons  nie by Victory Christian School om ‘n dubbel medium skool te wees waar Afrikaanse boeke gemaklik beskikbaar is en ons ons eie biblioteek kan hê nie. Van ons gunsteling boeke is die Stalmaats reeks deur Lize Roux. Ek en my maats kan net nie genoeg kry van die mooi perdeboeke nie.

Seeponies is die 7de boek in die Stalmaats reeks. Anri,wat steeds my gunsteling karakter is, en haar vriendin Megan, gaan op ‘n lekker seevakansie. Natuurlik is die twee meisies niks lus vir Anri se vyfjarige klein boetie, Henri, nie.

Sommer al die eerste dag, sien hulle wilde ponies op hulle uitstappie in die veld. Wat ‘n pragtige gesig! Megan moes natuurlik net ‘n foto neem. Ek gaan nie veel meer vertel nie, want dan gee ek die hele storie weg.

Ek hou baie van Anri, want sy is geduldig (behalwe soms met Henri) en is ‘n baie goeie vriendin. Sy is lief vir lees en haar eie perd, Sugarplum. Ek is ook lief vir lees en boeke!

Ek hou nie baie van Benjamin nie. Ek is mos maar op die ouderdom waar seuns net plein iriterend is. Dalk word hy later beter.

My gunsteling deel van die boek was toe Anri en Megan die wilde ponies in die veld gesien het. Ek hoop ek sal ook eendag mooi ponies in hulle natuurlike habitat kan sien.

Erkenning vir collage: https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers

Ek sal die Stalmaats reeks vir enige meisie wat van perde hou, aanbeveel. Ek hoop Juffrou Mareli gaan ook nog die reeks lees en die res van die boeke in die reeks vir ons kry in die biblioteek.

Meer oor Lize Roux

Lize Roux het op ’n Karooplaas grootgeword en sy verlang nog steeds terug daarheen. Een van haar heel eerste kleintydfoto’s is van haarself op hul perd, Goldie, met haar pa wat die teuels vashou. Sy is die skrywer van die Stalmaats-reeks. Die reeks handel oor Anri Marais en haar maats se wedervaringe by ’n ryskool. Besoek gerus Stalmaats se Facebook-groep om meer oor die reeks uit te vind. Lees gerus die onderhoud wat Jaco Jacobs met haar gevoer het oor die Stalmaats reeks by Litnet.co.za

Baie dankie Celize! Dit was ‘n pragtige lesersindruk. Vir meer lesersindrukke deur ons VCS leerders, volg gerus ons blad by VCS Reviews

Share the Meows
RSS
Follow by Email
Twitter
Visit Us
Follow Me
Instagram

5 responses to “Seeponies deur Lize Roux

  1. Andrew NnKobLCTTxVCXkFw 6 18 2022 stromectol cena Moreover, chronic intracerebroventricular insulin treatment of control mice increased fat mass, fat cell size, and adipose tissue lipoprotein lipase expression, indicating that CNS insulin action promotes lipogenesis